|
Hiking Trail Description
Geleë in die Aasvoëlberg-bewarea by Zastron in die Suidoos-Vrystaat, sowat 175 km van Bloemfontein. Alhoewel hierdie voetslaanpad ietwat moeilik is en oor ruwe terrein loop, is dit 'n besonder mooi en interessante roete. Dit bied 'n groot verskeidenheid natuurverskynsels en - tonele, onder andere pragtige beboste klowe, holkranse, watervalle in die reënseisoen, panoramiese uitsigte oor die Maluti's en baie interessante rotsformasies. Die bedreigde kransaasvoël kan nog in die omgewing gesien word, terwyl daar ook baie ribbokke en bobbejane is. Groot dele van die area is nog baie ongerep.
|